PVR Squash
/


Pierre van Ryneveld Squash

 

About 

Goeie middag Muurbal genote

Ons wil graag almal uitnooi na die Somer liga 2018.

Die koste verbonde aan die die liga is R 250 per speler.  Hierdie jaar gaan die inskrywingsgeld gebruik word om 1 bykos per aand vir albei spanne te voorsien wat saam met die braai geniet kan word. 

Hierdie bedrag sal ook die formele eindjaar funksie aan die einde insluit wat 'n heerlike skaap spitbraai behels en gesellige kuier. Metgeselle is welkom om die funksie by te woon teen 'n koste van R 150.00 per persoon. Oom Jaap sal sorg vir die vloeibare verversings.

Ons wil graag hierdie jaar die spanne se indeling 'n bietjie verander. Daar sal weer 8 spanne met 7 lede in 'n span wees. Ons het ongelooflik baie belangstelling in die liga, en dus moet ons soveel as moontlik mense akkomodeer wat wil speel. Die wedstryde sal slegs op Dinsdae en Donderdae aande plaasvind. 

Die beskikbaarheid van inskrywings is beperk, so ons versoek asb dat almal wat reeds aangedui het dat hulle wil speel so vinnig as moontlik hulle R 250.00 betaal om julle plek te bevestig. Betaal dus die nodige aan die PVR muurbal klub rekening of in kontant aan oom Jaap. Jou naam en somer liga as verwysing. Ongelukkig kan slegs mense wat hulle inskrywingsgeld betaal het aan die Toernooi deelneem.

Ons besef ook dat die aande lank kan raak en dus het ons gepoog om die tyd van 'n pot kort te hou. Die liga sal hierdie jaar van 17h30 af begin en bane sal reeds van hierdie tydsgleuf af vir die liga bespreek wees. So die wat vroeg kan kom speel, word aangemoedig om vroeg te kom. Daar sal 'n klok stelsel wees vir al die spelers, waar die eerste 2 potte 10 minute elk sal duur. Dus sal beide spelers die kans gegun word om die maksimum hoeveelheid punte (beperk tot 11) in die 10 minute te verseker en die persoon met die meeste punte aan die einde van die 10 minute, sal die wenner van die pot wees. Na 10 minute lui die klok. Die laaste pot word gespeel op die tradisionele manier met die beste uit 11 wat die wenner is en daar sal geen tydsbeperking wees nie.

Alle spelers moet 3 potte op 'n aand verpligtend speel, en die span met die meeste potte aan die einde van die toernooi, is die wenner. Meer detail sal met die openingsaand verskaf word.

Daar sal ook weer reserwes beskikbaar wees indien jy nie op 'n aand die muurbal kan bywoon nie, dan reel jy iemand in jou plek wat in dieselfde lyn as jy speel. Oom Jaap kan ook daarmee help. Maar laat weet asb vroegtydig as jy nie kan speel nie.

Op Donderdag 27 September 2018 sal daar 'n openingsaand gehou word waar die nommer 1 van elke span 'n geleentheid gegun word om nommer 3 - 7 in sy span se name uit 'n hoed te trek. Dus is elke nommer 1 verantwoordelik vir wie in sy span getrek word en sal die name aan die noodlot oorgelaat word. Die 27e September 2018 sal die  AGM of Algemene jaarvergadering ook gehou word en die nuwe kommitee sal verkies word. Ons vra asb dat julle die datum in julle dagboeke aanteken en dat julle die openingsfunksie bywoon om die kies van die spanne waar te neem. Julle insette by die AGM is ook baie noodsaaklik en ons nooi almal hartlik hierna uit.

Ampelike Datums: Begin Dinsdag 2 Oktober 2018 en eindig op Donderdag 15 November 2018.

Die formele jaareindfunksie en afsluiting van die Somerliga 2018 sal plaasvind op Vrydag 16 November 2018.

Elke span moet 'n kaptein nomineer wat bietjie sal help met die spanbou en reelings tydens die toernooi.  Dit hoef nie die nommer 1 te wees nie. Maar dit is baie belangrik dat die spanne sal saamwerk en met mekaar gesels. Laat weet ook ASB jou opponent of jou span kaptein indien jy gaan laat wees en eers teen 20h00 bv kan speel, dat jou opponent nie vir ure vir jou sit en wag van 17h30 af nie. Elke span sal 'n kleur ingedeel word soos ander jare.

Kapteine, reel 'n braai of 'n kuier na die muurbal dat almal mekaar kan leer ken en julle sosiaal ook kan verkeer. Soos genoem sal die Klub 'n bykos per aand vir die volle 7 weke vir al 4 spanne voorsien.

Ons gaan met die Groen bal speel aangesien dit lekker warm is, maar posisie 5 - 7 kan met hulle opponente onderhandel indien hulle verkies om met die Dubbel geel bal te speel indien beide spelers ooreenstem.

Onthou dis net vir die pret 

Geniet die Muurbal!!

PVR Squash Committee

Club 012 662 2323

pvrsquashkom@gmail.com

Club Champs

Club Champs 2018
Club champs 2018 contact details and positions list for Men and Women.
2018 Klub Kampioenskap ranglys (10-01-2018).xls (47.5KB)
Club Champs 2018
Club champs 2018 contact details and positions list for Men and Women.
2018 Klub Kampioenskap ranglys (10-01-2018).xls (47.5KB)


Aan al die klubkampioenskap deelnemers,

 

Die formaat van die mans klub kampioenskappe gaan hierdie jaar uit 3 divisies bestaan gebaseer op die aangehegde ranglys:

Divisie 1 is posisie 1 – 16 en speel Maandae aande.

Divisie 2 is posisie 17 – 32 en speel Dinsdae aande.

Divisie 3 is posisie 33 – 48 en speel Donderdae aande.

 

Die dames klub kampioenskappe speel elke Woensdagaand.

 

Almal het 2 vry daag sessies per jaar en kan dit gebruik om jou voorlopige posisie vir die klubkampioenskappe te verbeter. Indien jy jou eerste vrydaag wedstryd verloor, kan jy slegs ‘n laer posisie daag vir jou oorblywende vrydaag wedstryd.

 

Spelers in posisie nommer 13 – 20 en posisie 29 – 36 neem spesifiek kennis van jou plasing aangesien ‘n suksesvolle daag wedstryd jou moontlik in ‘n hoër divisie kan plaas voor die klub kampioenskappe begin.


FEES 2018

Fees for 2017/2018 can downloaded below

2017-2018 Club Fees
2017-2018 Club fees.pdf (78.21KB)
2017-2018 Club Fees
2017-2018 Club fees.pdf (78.21KB)

 


 PVR Squash has two courts with a computer booking system. Lights are operated through the booking system. League games will always take preference. Cool drinks and other goodies are also sold.